Sjinese tee – kweek jou eie tee!

foto

Voor die einde van die winter aanbreek, besluit elke tuinier gewoonlik wat hy of sy die volgende seisoen wil kweek. Vind u dit nie meer uitdagend genoeg om tamaties, paprika en komkommers te kweek nie? Wil u iets nuuts probeer? Iets meer eksoties? Wat dink u van die idee om hierdie jaar u eie tee te kweek?!

foto

Die teeplant (Camellia) het 50 spesies van immergroen tropiese en subtrobiese struike of klein bome waarvan die bekendste die Sjinese Teeplant (Camellia sinensis) is. Hierdie antieke plant het sy oorsprong in die Suide en Suid-Ooste van Sjina en aanliggende lande soos Indië, Viëtnam en Laos, waar hierdie plante al vir eeue gekweek word. Alhoewel die plant in tropiese gebiede gekweek word, bly die belangrikste verskaffers egter steeds Sjina, Indië, Sri Lanka en Japan.

foto

Tee sade

Om u eie tee te kweek, is hoegenaamd nie moeilik nie. Die belangrikste deel van die proses is om vars sade aan te koop aangesien die sade hul lewensvatbaarheid vinnig verloor. Die sade is gerond. Voordat u dit plant, moet dit sowat 2 tot 3 dae in water geweek word en hierna geplant word in goed-gedreineerde, belugte grond. By ʼn temperatuur van 20–25 °C, ontkiem die sade binne 2 tot 4 weke. Indien dit op ʼn sonnige plek geplant word, groei die jong plant baie vinnig en plante wat slegs ses maande oud is, kan reeds gesnoei word. Te danke aan die korrekte snoeiwyse, kan u ʼn pragtige kroon kweek en ook u eie rou materiaal vir die kweek van u eie boom.

Die tee kan dwarsdeur die jaar in tuine in tropiese of subtropiese gebiede gekweek word en behoort binneshuis of in ʼn kweekhuis verbou te word in gebiede waar ryp voorkom. ʼn Warm winter en genoegsame water is die perfekte toestande vir die teeplant en is die toestande waarin dit in die lande van sy oorsprong die heel beste groei.

Printed from http://www.botanix.kpr.eu/af/print.php?t=15