Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

Die Indiese Beukeboom Pongamia Pinnata

Die Indiese Beukeboom Pongamia pinnata (Ander name vir hierdie boom sluit ondermeer in: Honge-boom, Pongam-boom, Panigrahi) is ʼn bladwisselende boom wat sowat 15 tot 25 meter hoog groei, en behoort aan die familie Fabaceae. Hierdie boom het ʼn groot kroon met vele klein blommetjies in wit, pienk of pers en hoewel dit oorspronklik van Indië afkomstig is, groei dit ook wyd verspreid in Suid-Oos Asië.

Die Pongamia pinnata is ʼn geharde tropiese boom en is weerstandbiedend teenoor hitte en sonlig. As gevolg van die groot wortelstelsel is dit ook bestand teen droogte. In sy natuurlike staat groei dit in sanderige grond of rotsagtige dele, insluitend kalkklip, maar dit kan ook suksesvol gekweek word in feitlik enige soort grond sowel as souterige grondsoorte.

Dit word dikwels in droë gebiede geplant en word ook dikwels gebruik vir landskapsdoeleindes vir ondermeer skadu of windbrekers. Die bas word gebruik om tou te produseer en die swart gom is in die verlede gebruik om wonde te versorg wat veroorsaak is deur giftige visse.

Die wortelknolle versnel stikstofopname, ʼn simbiotiese proses waar stikstof uit die lug in sy gasvorm (N2) in NH4+ (ʼn vorm van stikstof wat vir die plant beskikbaar is) omgesit word. Dit kan dus gebruik word vir die verryking van grond wat arm is aan voedingstowwe. Hoewel die hele plant giftig is, is die sappe en die olie van die plant antisepties. Die olie van die sade word as lampolie gebruik, om seep van te vervaardig, as smeermiddel, asook in die produksie van bio-diesel.

««« Vorige artikel: Rypbestande palm, die Rhapidophyllum hystrix (Die Naaldpalm) Volgende artikel: Marang - Broodvrugte Artocarpus odoratissimus »»»

Woensdag 3.6.2009 18:07 | Druk | Eksotiese plante

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is ʼn internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante