Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

Die Khasi Denneboom (Pinus kesiya)

Die Khasi Denneboom (Pinus kesiya) is ʼn vinnig-groeiende spesie van Asië wat nie baie dikwels buite hierdie land gevind word nie. Bome groei tot sowat 30–35m hoog en die stamme mag tot soveel as ʼn meter in diameter groot word. Elke tak het drie stekels – elk van hulle 15 tot 20cm lank. Die vrugte van hierdie bome (dennebolle) is sowat 5–9cm lank en die sade sowat 1,5 to 2,5 cm lank.

Die oorsprong van die Die Khasi Denneboom (Pinus kesiya) is in die Himalaya-gebied: Van Noord-Oos Indië (deesdae slegs in die Khasi Mt en die Naga Mt in die staat Meghalay en Manipur as gevolg van houtmynery), Sjina (die Yunnan provinsie), Burma (Myanmar), Noord-Thailand, Laos, Viëtnam (Lai Chau, Lang Son, Cao Bang, Quang Ninh) en die Fillipyne (Luzon). Dennebome van die Fillepyne word soms identifiseer as ʼn afsonderlike spesie naamlik die Pinus insularis. In Sjina word ʼn soortgelyke spesie gevind naamlik die Yunnan Denneboom (Pinus yunnanensis)

Hierdie spesie word gevind op die hellings met ʼn verskeidenheid van gemengde bome wat groei in rooi en geel suur grond (met ʼn pH van 4,5) en ʼn hoogte bo seespieël van 800 tot 2000 meter maar meestal tussen 1200 en 1400m. Hierdie gebied het ʼn subtropiese klimaat wat gedurende die jaar van ʼn nat na ʼn droë seisoen verander. Die reënval is swaar en die klimaat in die gebied is suptropies, die reënval hoog en die humiditeit meer as 70%.

Hierdie plant is lig ryp-bestand maar is baie sensitief vir laat ryp gedurende die vegetasie-periode. In die kweekperiode egter, verkies dit ʼn rypvrye gebied.

Ander name van die plant: Pinus khasya, Pinus khasyanus

««« Vorige artikel: Palm Parajubaea torallyi (Palma Chico, Boliviaanse Bergklapper) Volgende artikel: Rypbestande palm, die Rhapidophyllum hystrix (Die Naaldpalm) »»»

Saterdag 16.5.2009 08:21 | Druk | Keëldraende plante

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is ʼn internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante