Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

Die plant van blombolle en saailinge

Haal die blombolle en saailinge wat u per pos ontvang het, uit die verpakking en hou dit vir twee tot drie dae in die skadu. ʼn Tweede moontlikheid is om dit direk te plant en in die skadu te hou vir ʼn paar dae sodat dit nie aan direkte sonlig blootgestel word nie.

Om saailinge te plant

Maak ʼn klein voortjie in die grond om die saailinge in te plant. Neem die saailinge uit die pot (uit die plastieksakkie in die geval van individueel-verpakte saailinge), draai die wortels na onder en versprei dit egalig voordat u die hele plant in die voortjie plaas.

Gooi nou water in die voortjie en nadat al die water absorber is, gooi nog water in. Behandel al die ander plante op presies dieselfde manier. Nadat u klaar is, maak al die plantjies weer nat.

Die eerste paar dae nadat u die saailinge geplant het, kan u hul net water gee na behoefte en baie seker maak dat hul beskerm word teen sterk sonlig. Die plante sal binne een tot drie weke wortels word en daarna kan u hul versorg op presies dieselfde manier as al die ander plante in u tuin.

Plant van blombolle en saailinge

Dolf die grond eers goed om waar u die bolle en knolle wil plant (ons gaan in die res van die artikel die woord “bolle” gebruik). Neem die bolle uit die papiersakke net voordat u dit wil plant. Maak nou ʼn geskikte diep potgat en sit die bol daarbinne met die bokant na bo. Sommige plante sal dit nie oorleef indien u dit plant met die bokant na onder nie – maak seker dat u dit korrek plant!

Indien u tulpe in die middel van die somer plant (u kan dit moontlik nie berg nie of gaan weg op vakansie) het u nie nodig om hul enigsins water te gee nie. Die bolle sal rus en sal eers begin groei nadat die eerste herfsreën geval het.

Kleiner bolle wat moeiliker is om te groei, moet ietwat vlakker geplant word. Om te bepaal hoe diep u moet plant, is dit noodsaaklik om te bepaal wat die afstand tussen die bokant van die bol en die grondoppervlak is!

Ons haal die bolle uit die grond wanneer die bokant (bo die oppervlakte) verwelk het (dit is die reël vir alle blombolle behalwe die Galdiolus) – dit kan maklik die geval wees reeds so vroeg as Mei in Europa (in warm en droë weersomstandighede). Die meeste tipes kan nadat dit uit die grond gehaal is, geberg word tot herfs mits hul droog gehou word (hoofsaaklik uie, knoffel, safraan en tulpe).

Oorblywende tipes soos byvoorbeeld die lelie, druifhiasint (Muscari), Ornithogalum, en “Solomon’s Seal” (Polygonatum) kan egter NIE op hierdie manier geberg word nie aangesien hul dit nie sal oorleef nie. Hierdie tipes wat nie op ʼn droë plek geberg kan word nie, moet liewers vanaf een plek in die tuin oorgeplant word na ʼn ander plek in die tuin (hul kan vir sowat een week oorleef, maar dit word nie aanbeveel om hul langer as dit buite te hou nie).

Spesies plantperiode plantdiepte in cm
Klein tipes met ʼn bolgrootte van 2cm soos die Allium carinatum, flavum, molly, oleraceum, scorodoprasum 7.-10. 5–8
Groot tipes met ʼn bolgrootte van 10cm soos die Allium giganteum, karataviense, nigrum 7.-10. 10–15
Colchicum – spesies wat in herfs blom 8. 15
Crocus – spesies wat in lente blom(Crocus chrysanthus, Crocus vernus) 10. 9
Crocus – spesies wat in herfs blom(Crocus sativius) (7.-)8. 9
Gladiolus (tuinhibriede) 4.-5. 10 (kleiner as 5)
Gladiolus (wilde spesies vanaf Suid-Afrikaanse oorsprong) 9. 5–8
Lilium candidum – wit lelie of Madonna lelie 8. 3
Lilium – tuinhibriede 9.(-10.) 5–15 afhangende van die soort
Muscari – druifhiasint 7.-10. 8–10
Narcissus – narcis 8. 10
Ornithogalum umbellatum – Ster van Betlehem, Graslelie 7.-10. 10
Polygonatum – salomons seal 8.10., 2.-3. 10
Tulpe met klein bolle soos die Tulipa chrysantha, tarda, saxatillis, turkestanica, urumiensis 10. 10
Tulpe met groot bolle – Tulipa greigii, Tulipa fosteriana, Tulipa kaufmanniana en tuinhibriede 10. 12–14

Die kweek van lelies met behulp van lae

foto

Die kweek van lelies met behulp van lae

Die eenvoudigste manier om die lelie te vermeerder is deur gebruik te maak van die skale (die lae van die bol)

Plant die lae in vore van 1–2cm diep (= die diepte van die grond wat die lae bedek) en hou hul by ʼn dagtemperatuur van sowat 25–30 ºC en ʼn nagtemperatuur van 22 ºC (die nagtemperatuur kan laer wees, maar die dagtemperatuur is die belangrikste) in byvoorbeeld ʼn kas, kweekhuis of vensterbank binne die huis. Hou die grond droog. Die nuwe bolle sal vinnig begin vorm aan die onderkant van hierdie lae!

Indien u die lae geskil het en dit geplant het teen die einde van Julie, kan u die nuwe bolle in September uit die grond uithaal en 2cm diep in die tuin plant. Plant elke bol afsonderlik en los sowat 4cm tussen elke bol – na 4 tot 6 jaar sal u uitstekende blombolle in volle blom hê!

Saai die saad van blombolle

Sommige blombolle kan baie vinnig en effektief gekweek word deur saad. In Europa is die beste tyd om hierdie saad te saai (sowat 0,5 tot 1 cm diep) gedurende Maart to April. Moet dit nie gedurende die eerste jaar uitplant nie, maar los hul op hul oorspronklike plekke. Sommige tipes sal reeds die volgende seisoen al blom! Die meeste soorte sal egter eers 2 tot 5 jaar nadat dit gesaai is, begin blom. Die kleiner tipes sal vinniger as die groter tipes met groter bolle, begin blom.

««« Vorige artikel: Wat om met gesnyde gras te doen Volgende artikel: Die kweek van die oestersampioen (Pleurotus ostreatus) »»»

Sondag 14.11.2010 20:17 | Druk | Kweek-instruksies

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is ʼn internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante