Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

NOVODOR FC vir die bestriding van die aartappelkewer

Ek dink nie ek het nodig om die Colorado aartappelkewer (Leptinotarsa decemlineata) spesifiek aan u bekend te stel nie aangesien almal hierdie enorme pes ken wat geweldige skade aan die aartappel aanrig. Dit is ook nie moontlik om van hierdie pes ontslae te raak sonder die gebruik van chemikalië nie. Niemand weet tans van enige biologiese kuur wat gebruik kan word in die bestryding teen die Colorado aartappelkewer nie.

Donderdag 11.11.2010 20:08 | Druk | Peste

Cherimoya (Annona cherimola)

Buitengewoon interessante tipes tropiese vrugte word tans ingevoer na Europa. Ek het onlangs die voorreg gehad om ʼn cherimoya-vrug te koop en te proe hoe dit smaak. Hierdie vrug is nog nie in vrugtewinkels b eski kbaa r ni e, m aar te d anke a an m y ei e go eie smaa k, s al d it v inni g be skik baar  we es!< /p> n < !-- by T e x y 2 ! - - >

Woensdag 10.11.2010 19:46 | Druk | Eksotiese plante

Sjinese tee – kweek jou eie tee!

foto

Voor die einde van die winter aanbreek, besluit elke tuinier gewoonlik wat hy of sy die volgende seisoen wil kweek. Vind u dit nie meer uitdagend genoeg om tamaties, paprika en komkommers te kweek nie? Wil u iets nuuts probeer? Iets meer eksoties? Wat dink u van die idee om hierdie jaar u eie tee te kweek?!

Dinsdag 9.11.2010 19:45 | Druk | Eksotiese plante

Boomtabak Nicotiana glauca – ʼn Balkonplant met perspektief!

foto

Boomtabak (Nicotiana glauca)

Die mens se begeerte om iets nuuts, ongewoons en onkonvensioneel te maak, is onbeperk. Daarom droom tuiniers ook altyd daarvan om iets nuuts te kweek in die tuin – iets wat niemand anders het nie. Die plantmark gee dus elke jaar aan tuiniers iets nuuts om die honger van tuiniers wat altyd op soek is na iets nuuts, te stil! Die kommersiële bekendstelling van hierdie nuwe variëteite sal noodwendig ook groot verspreidingsmoontlikhede bring – en een van die dae sal hierdie plant ʼn bekende naam vir alle tuiniers wees!

Maandag 8.11.2010 14:47 | Druk | Eksotiese plante

Hom om die boonkalander uit te roei

Ek veronderstel dat dit nie nodig is om die boonkalander aan u bekend te stel nie – dit is ʼn klein kewer van sowat 3–4 mm lank wat byvoorbeeld in sade in die kombuis gevind kan word.

Hierdie skadelike klein kewers ontwikkel in die sade van alle soorte peule. Om die waarheid te sê kom hierdie kewers in alle peule voor – die breëboon-kewer kom voor in die breëboon; die ertjie-kewer kom voor in ertjies, die lensie-kewer kom in lensies voor en die tuinbreë-kewer kom voor in die tuinbreë boontjie.

Op die beskadigde sade kan klein gaatjies gevind word waar larwes die saad beskadig het. Wanneer die volwasse kewer uitbroei, word boorgaatjies in die sade sigbaar. Kewers veroorsaak gewoonlik die meeste skade wanneer die sade geberg word (omdat die lewensomstandighede vir hulle dan ideaal is) ongeag die feit at die plant reeds besmet is toe dit nog in die tuin was.

Dit is gelukkig baie maklik en effektief om hierdie kewers te bestry en u het ʼn 100% kans op sukses!

Woensdag 3.11.2010 14:34 | Druk | Peste

Ander bladsye: 1-5 6-10 11-15 16-20 21-22

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is ʼn internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante