Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

Veselperskes van Indonesië

Daar is 34 veselperske-spesies (Mangifera) wat in hul natuurlike staat op die Borniese Eiland gevind kan word. Baie van hierdie spesies loop egter die gevaar om uit te sterf as gevolg van die reënwoude se ontbossing. Van hierdie veselperske-spesies soos die Kalimantan Veselperske (Mangifera casturi), het reeds in die natuur uitgesterf.

Dinsdag 25.8.2009 11:04 | Druk | Eksotiese plante, Plante van Indonesië

Marang - Broodvrugte Artocarpus odoratissimus

Die Klas Broodvrugte (Breadfruit) (Artocarpus) bestaan uit sowat 60 spesies van immergroen tropiese bome van die familie Moraceae (die moerbeiboom-familie of die vyeboom-familie). Hierdie boom kom voor in Suid-Oos Asië en die eilande van die Stille Oseaan. Die broodvrug (Breadfruit) is baie na verwant aan die Ficus (vyeboom). Die soort broovrugte (Breadfruit) wat die meeste gekweek word, is die Artocarpus altilis. Verskeie ander spesies soos die Artocarpus communis, Artocarpus integer (Cempedak), Artocarpus heterophyllus (Jackfruit, Nangka) en Artocarpus odoratissimus (Marang) is ook deel van die broodvrugte-familie.

Woensdag 3.6.2009 18:11 | Druk | Eksotiese plante, Plante van Indonesië

Die Indiese Beukeboom Pongamia Pinnata

Die Indiese Beukeboom Pongamia pinnata (Ander name vir hierdie boom sluit ondermeer in: Honge-boom, Pongam-boom, Panigrahi) is ʼn bladwisselende boom wat sowat 15 tot 25 meter hoog groei, en behoort aan die familie Fabaceae. Hierdie boom het ʼn groot kroon met vele klein blommetjies in wit, pienk of pers en hoewel dit oorspronklik van Indië afkomstig is, groei dit ook wyd verspreid in Suid-Oos Asië.

Woensdag 3.6.2009 18:07 | Druk | Eksotiese plante

Rypbestande palm, die Rhapidophyllum hystrix (Die Naaldpalm)

Die Rhapidophyllum hystrix is een van die mees rypbetande palmspesies. Daar is slegs een spesie in die klas Rhapidophyllum. Die natuurlike habitat van hierdie palm is die nat gebiede van die Suid-Oostelike deel van die VSA. Aangesien hierdie plant se rypbestandheid so laag as – 20 °C is, is dit ʼn baie gewilde tuinplant dwarsoor die hele wêreld, veral in Europa.

Saterdag 16.5.2009 19:05 | Druk | Palms

Die Khasi Denneboom (Pinus kesiya)

Die Khasi Denneboom (Pinus kesiya) is ʼn vinnig-groeiende spesie van Asië wat nie baie dikwels buite hierdie land gevind word nie. Bome groei tot sowat 30–35m hoog en die stamme mag tot soveel as ʼn meter in diameter groot word. Elke tak het drie stekels – elk van hulle 15 tot 20cm lank. Die vrugte van hierdie bome (dennebolle) is sowat 5–9cm lank en die sade sowat 1,5 to 2,5 cm lank.

Saterdag 16.5.2009 08:21 | Druk | Keëldraende plante

Ander bladsye: 1-5 6-10 11-15 16-20 21-22

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is ʼn internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante