Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

Argief van alle artikels

Hier kan u alle artikels vind wat in die Botanix in Afrikaans beskikbaar is.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante

Outeur: KPR

Kategorie: Peste

Inligting rondom plantpeste- en siektes

NOVODOR FC vir die bestriding van die aartappelkewer

Ek dink nie ek het nodig om die Colorado aartappelkewer (Leptinotarsa decemlineata) spesifiek aan u bekend te stel nie aangesien almal hierdie enorme pes ken wat geweldige skade aan die aartappel aanrig. Dit is ook nie moontlik om van hierdie pes ontslae te raak sonder die gebruik van chemikalië nie. Niemand weet tans van enige biologiese kuur wat gebruik kan word in die bestryding teen die Colorado aartappelkewer nie.

Donderdag 11.11.2010 20:08 | Druk | Peste

Hom om die boonkalander uit te roei

Ek veronderstel dat dit nie nodig is om die boonkalander aan u bekend te stel nie – dit is Ɖ klein kewer van sowat 3–4 mm lank wat byvoorbeeld in sade in die kombuis gevind kan word.

Hierdie skadelike klein kewers ontwikkel in die sade van alle soorte peule. Om die waarheid te sĂȘ kom hierdie kewers in alle peule voor – die breĂ«boon-kewer kom voor in die breĂ«boon; die ertjie-kewer kom voor in ertjies, die lensie-kewer kom in lensies voor en die tuinbreĂ«-kewer kom voor in die tuinbreĂ« boontjie.

Op die beskadigde sade kan klein gaatjies gevind word waar larwes die saad beskadig het. Wanneer die volwasse kewer uitbroei, word boorgaatjies in die sade sigbaar. Kewers veroorsaak gewoonlik die meeste skade wanneer die sade geberg word (omdat die lewensomstandighede vir hulle dan ideaal is) ongeag die feit at die plant reeds besmet is toe dit nog in die tuin was.

Dit is gelukkig baie maklik en effektief om hierdie kewers te bestry en u het Ɖ 100% kans op sukses!

Woensdag 3.11.2010 14:34 | Druk | Peste

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is Ɖ internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf Ɖ artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante