Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

Argief van alle artikels

Hier kan u alle artikels vind wat in die Botanix in Afrikaans beskikbaar is.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante

Outeur: KPR

Kategorie: Eksotiese plante

Eksotiese plante

Welwitschia (Welwitschia mirabilis) – die kweek van ʼn lewende fossiel

foto

Die Welwitschia (Welwitschia mirabilis) is ʼn oerplant wat voorkom in ʼn klein area langs die kus-gebied van die Atlantiese Oseaan in Namibië en Suid-Angola. Die Welwitschia is in der waarheid ʼn boom, alhoewel dit nie met die eerste oogopslag so voorkom nie. Die hele plant bestaan uit een kort stam waaruit twee blare groei – hierdie blare lyk soos twee reuse linte met rafelagtige, droë punte. Die Welwitschia lyk soms soos ʼn groot hoop gemors!

Maandag 24.5.2010 17:37 | Druk | Eksotiese plante, Kweek-instruksies

Die Kalimantan Veselperske, Kasturi (Mangifera casturi)

Die Kalimantan veselperske (Mangifera casturi) wat plaaslik bekend is as Kasturi, is a tropiese vrugteboom wat sowat 10 tot 30m hoog groei en baie bekend is aan die klein gedeelte rondom Banjarmasin in Suidelike Bornië in Indonesië. Dit het egter uitgesterf in die natuur as gevolg van onwettige ontbossing. Dit word egter steeds dikwels verbou in die area omdat dit die heerlikste vrugte dra.

Woensdag 26.8.2009 08:13 | Druk | Eksotiese plante, Plante van Indonesië

Hoe om veselperskes van saad te verbou

Om die beste ontkiemingsresultate te verkry, behoort slegs vars-ge-oeste sade gebruik te word. Week die sade in water met ʼn temperatuur van rondom 20–25 °C vir sowat 2 tot 6 uur.

Woensdag 26.8.2009 08:10 | Druk | Eksotiese plante, Plante van Indonesië

Veselperskes van Indonesië

Daar is 34 veselperske-spesies (Mangifera) wat in hul natuurlike staat op die Borniese Eiland gevind kan word. Baie van hierdie spesies loop egter die gevaar om uit te sterf as gevolg van die reënwoude se ontbossing. Van hierdie veselperske-spesies soos die Kalimantan Veselperske (Mangifera casturi), het reeds in die natuur uitgesterf.

Dinsdag 25.8.2009 11:04 | Druk | Eksotiese plante, Plante van Indonesië

Marang - Broodvrugte Artocarpus odoratissimus

Die Klas Broodvrugte (Breadfruit) (Artocarpus) bestaan uit sowat 60 spesies van immergroen tropiese bome van die familie Moraceae (die moerbeiboom-familie of die vyeboom-familie). Hierdie boom kom voor in Suid-Oos Asië en die eilande van die Stille Oseaan. Die broodvrug (Breadfruit) is baie na verwant aan die Ficus (vyeboom). Die soort broovrugte (Breadfruit) wat die meeste gekweek word, is die Artocarpus altilis. Verskeie ander spesies soos die Artocarpus communis, Artocarpus integer (Cempedak), Artocarpus heterophyllus (Jackfruit, Nangka) en Artocarpus odoratissimus (Marang) is ook deel van die broodvrugte-familie.

Woensdag 3.6.2009 18:11 | Druk | Eksotiese plante, Plante van Indonesië

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is ʼn internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante