Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

Argief van alle artikels

Hier kan u alle artikels vind wat in die Botanix in Afrikaans beskikbaar is.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante

Outeur: KPR

Argief van die Maand: November 2010 (12 textů)

Die kweek van die oestersampioen (Pleurotus ostreatus)

Die oestersampioen (Pleurotus ostreatus) is deesdae meer gewild as die gewone sampioen (champignon sampioen)! Teenoor die gewone sampioen het die oestersampioen een groot voordeel – dit kan nie verwar word met die giftige “death cap” (Amanita phalloides) nie!

Sondag 14.11.2010 20:23 | Druk | Sampioene

Die plant van blombolle en saailinge

Haal die blombolle en saailinge wat u per pos ontvang het, uit die verpakking en hou dit vir twee tot drie dae in die skadu. ʼn Tweede moontlikheid is om dit direk te plant en in die skadu te hou vir ʼn paar dae sodat dit nie aan direkte sonlig blootgestel word nie.

Sondag 14.11.2010 20:17 | Druk | Kweek-instruksies

Wat om met gesnyde gras te doen

Indien u hou van ʼn pragtige, lae grasperk, sal u u grasperk beslis baie gereeld sny. Dit beteken egter dat u met groot hoeveelhede gesnyde gras sal sit en nie sal weet wat om daarmee te doen nie. Die meeste tuiniers wat ek ken, raak van hul gesnyde gras ontslae deur dit saam met hul huishoudelike vuilgoed weg te gooi. Ek kan maar net my kop in ongeloof skud vir mense wat ontslae raak van die goedkoopste kompos denkbaar!

Sondag 14.11.2010 20:15 | Druk | Grasse

Hoe om jou gras op die korrekte manier te sny

Om ʼn dik, welige grastapyt te verkry, is dit noodsaaklik om jou gras op die korrekte manier te sny. Geen plant, struik of blom sal goed lyk met ʼn grasperk wat rondom dit doodgaan nie!

Saterdag 13.11.2010 20:13 | Druk | Grasse

Die aanplant van ʼn nuwe grasperk

In Europa is die beste tyd vir die aanplanting van ‘n nuwe grasperk of die aanplanting van ekstra gras op ‘n bestaande grasperk, vanaf Mei tot Junie. Indien daar min reën geval het in die lente, mag Julie egter die beste tyd wees om te plant.

Vrydag 12.11.2010 20:11 | Druk | Grasse

NOVODOR FC vir die bestriding van die aartappelkewer

Ek dink nie ek het nodig om die Colorado aartappelkewer (Leptinotarsa decemlineata) spesifiek aan u bekend te stel nie aangesien almal hierdie enorme pes ken wat geweldige skade aan die aartappel aanrig. Dit is ook nie moontlik om van hierdie pes ontslae te raak sonder die gebruik van chemikalië nie. Niemand weet tans van enige biologiese kuur wat gebruik kan word in die bestryding teen die Colorado aartappelkewer nie.

Donderdag 11.11.2010 20:08 | Druk | Peste

Cherimoya (Annona cherimola)

Buitengewoon interessante tipes tropiese vrugte word tans ingevoer na Europa. Ek het onlangs die voorreg gehad om ʼn cherimoya-vrug te koop en te proe hoe dit smaak. Hierdie vrug is nog nie in vrugtewinkels b eski kbaa r ni e, m aar te d anke a an m y ei e go eie smaa k, s al d it v inni g be skik baar  we es!< /p> n < !-- by T e x y 2 ! - - >

Woensdag 10.11.2010 19:46 | Druk | Eksotiese plante

Sjinese tee – kweek jou eie tee!

foto

Voor die einde van die winter aanbreek, besluit elke tuinier gewoonlik wat hy of sy die volgende seisoen wil kweek. Vind u dit nie meer uitdagend genoeg om tamaties, paprika en komkommers te kweek nie? Wil u iets nuuts probeer? Iets meer eksoties? Wat dink u van die idee om hierdie jaar u eie tee te kweek?!

Dinsdag 9.11.2010 19:45 | Druk | Eksotiese plante

Boomtabak Nicotiana glauca – ʼn Balkonplant met perspektief!

foto

Boomtabak (Nicotiana glauca)

Die mens se begeerte om iets nuuts, ongewoons en onkonvensioneel te maak, is onbeperk. Daarom droom tuiniers ook altyd daarvan om iets nuuts te kweek in die tuin – iets wat niemand anders het nie. Die plantmark gee dus elke jaar aan tuiniers iets nuuts om die honger van tuiniers wat altyd op soek is na iets nuuts, te stil! Die kommersiële bekendstelling van hierdie nuwe variëteite sal noodwendig ook groot verspreidingsmoontlikhede bring – en een van die dae sal hierdie plant ʼn bekende naam vir alle tuiniers wees!

Maandag 8.11.2010 14:47 | Druk | Eksotiese plante

Hom om die boonkalander uit te roei

Ek veronderstel dat dit nie nodig is om die boonkalander aan u bekend te stel nie – dit is ʼn klein kewer van sowat 3–4 mm lank wat byvoorbeeld in sade in die kombuis gevind kan word.

Hierdie skadelike klein kewers ontwikkel in die sade van alle soorte peule. Om die waarheid te sê kom hierdie kewers in alle peule voor – die breëboon-kewer kom voor in die breëboon; die ertjie-kewer kom voor in ertjies, die lensie-kewer kom in lensies voor en die tuinbreë-kewer kom voor in die tuinbreë boontjie.

Op die beskadigde sade kan klein gaatjies gevind word waar larwes die saad beskadig het. Wanneer die volwasse kewer uitbroei, word boorgaatjies in die sade sigbaar. Kewers veroorsaak gewoonlik die meeste skade wanneer die sade geberg word (omdat die lewensomstandighede vir hulle dan ideaal is) ongeag die feit at die plant reeds besmet is toe dit nog in die tuin was.

Dit is gelukkig baie maklik en effektief om hierdie kewers te bestry en u het ʼn 100% kans op sukses!

Woensdag 3.11.2010 14:34 | Druk | Peste

Hoe om die Vierblaar Klawer (Marsilea quadrifolia) te kweek

foto

Die vierblaar klawer (Marsilea quadrifolia) is ʼn watervaring waarvan die blare soos klawers lyk. Dink u dalk dat die watervaring en die klawer niks met mekaar te doen het nie? Inteendeel! Beide hierdie terme beskryf die karaktereienskappe van hierdie ongewone en baie dekoratiewe plante wat ook heel onbekend is in die tuinbou-wêreld.

Dinsdag 2.11.2010 15:22 | Druk | Eksotiese plante

Kiwano – Cucumis metuliferus

Die 10–15 cm lange Kiwano-vrug lyk soos ʼn lemoen en behoort aan die komkommer-familie. Die vrug het klein uitsteekseltjies op die skil en laat mens onwillekeurig dink aan ʼn Middeleeuse wapen. Die vlees van die vrug is groen en bevat gewoonlik baie 5–10mm lange wit sade. Wanneer dit nog nie ryp is nie, is die kleur van die vrug heldergroen.

Dinsdag 2.11.2010 06:18 | Druk | Eksotiese plante

Ander bladsye: is nie ander bladsye nie. Gaan na die bokant van die argief

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is ʼn internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante